Calvyn: Genesis bedoel wat dit sê
deur dr. Jonathan Sarfati
Image Wikipedia.org
John Calvin
Sekere belydende evangeliese Christene kla skeppingsleerders daarvan aan dat hul
’n naïewe letterlike siening van Genesis het, en meen dat kreasionisme
’n 20ste eeuse afdwaling is. Niks kan verder van die waarheid wees nie. ’n
Eenvoudige direkte lees van Genesis was die siening van Moses (Ex.20:8-11), die
Apostel Paulus (Rom. 5:12; 1 Kor.15:21,22,45; Matt. 19:3-6; Mark.10:6-9; Luk.17:26,27).
Dit was ook die siening van die groot meerderheid van Kerkvaders, insluitende die
getroue verdediger van die Triniteit, Basil die Grote. Kyk
Genesis means what it says: Basil (AD 329 379).1
En die groot leiers van die 16de eeuse Protestantse Reformasie, het in hul terugkeer
na Bybelse gesag, ook die eenvoudig-direkte siening van Genesis aanvaar. Dit sluit
die vader van die Reformasie, Martin Luther in – kyk
What was Martin Luther’s stand on Creation/Evolution?2
Een van die mees invloedryke reformatore was die Franse juris en teoloog Johannes
Calvyn (1509–1564). Hy het ‘n leier geword in Geneva (Switserland),
wat ‘n ontvlugtingsplek vir 6,000 protestante geword het.
Calvyn het die Universiteit van Geneva gestig in 1559, wat baie buitelandse geleerdes
gelok het, tot vandag toe. Sy monumentale werk, Die Institusies van die Christelike
Godsdiens (1559) verkondig die genade van God en verlossing in Jesus Christus.
Hy was oook ‘n bekwame verklaarder op boeke van die Bybel, insluitende Genesis.
Sy leringe het baie konfessies, kategismusse, predikers en leiers van moderne Christelike
herlewings beïnvloed, en is na Amerika gebring deur die Pelgrimvaders.3
Dit is insiggewend dat op elke punt waar CMI (Creation Ministries International)
verskil met baie aspekte van die moderne Christendom, Calvyn aan ons kant is. Calvyn
het byvoorbeeld geglo:
Die aard is ‘jonk’:
‘Hulle sal nie ophou skaterlag as hul ingelig word dat daar maar bietjie meer
as vyfduisend jaar verby gegaan het sedert die skepping van die heelal nie.’4
God het in ses opeenvolgende normale dae geskep:
‘Hier word hulle fout sigbaar weerlê, hulle wat meen dat die wêreld
in ‘n oomblik geskape is. Want dit doen die teks geweld aan om te beweer dat
Moses die werk, wat God onmiddellik uitgevoer het, oor ses dae versprei het, bloot
vir die doel om instruksie oor te dra. Laat ons liewers konkludeer dat God self
die bestek van ses dae gevat het, vir die doel om sy werke te akkommodeer vir die
mens se begrip.’5
Dit is interessant dat Calvyn die ses-dae-skepping moes verdedig teen mense wat
dit korter wou gehad het – in net ‘n oomblik – heel anders as
die mense van vandag wat dit baie langer wil hê – miljarde jare.
‘Ek het hierbo gesê dat die ses dae gebruik is in die vorming van die
wêreld; nie dat God, vir wie een oomblik ‘n duisend jaar is, hierdie
opeenvolging van tyd nodig het nie, maar sodat hy ons kan betrek in die oordenking
van sy werke.’6
Die dag-aand siklus was ingestel vanaf Dag 1 — voordat die son geskape is
[kommentaar op ‘laat daar lig wees’ (Gen. 1:3)]:
‘Daarom het die Here, deur die spesifieke orde van die skepping, getuienis
gegee dat Hy die lig in sy hande vashou, wat Hy in staat is om aan ons te gee sonder
die son en die maan. Verder, is dit seker, vanuit die konteks, dat die lig geskape
was om met die duisternis af te wissel … daar is daarom geen twyfel dat hul
orde van opeenvolging afwisselend was nie. … ’7
Die son, maan en sterre is geskape op Dag 4 — na die aarde — en het
die rol as ligverskaffer vir die aarde oorgeneem [kommentaar op ‘laat daar
lig wees … ’ (Gen. 1:14)]:
‘God het vantevore die lig geskep, maar stel nou ’n nuwe orde in die
natuur, dat die son die uitstraler van daaglikse lig sal wees, en die maan en die
sterre in die nag sal skyn. En Hy stel hul aan in hierdie hoedanigheid, om ons te
onderrig dat alle skepsele onderworpe is aan sy wil, en uitvoer wat Hy op hul neerlê.
Want Moses vertel niks anders as dat God bepaal het dat deur sekere voorwerpe, die
lig wat voorheen geskep is, uitgestraal word oor die aarde, deur wedersydse veranderinge.
Die enigste verskil is dit, dat die lig wat voorheen verskaf is, nou voortkom uit
hemelliggame, wat deur hierdie doel te dien, die bevele van God gehoorsaam.”8
[Sien ook How could the days of Genesis 1
be literal before the sun was created?]
Die Skepping was oorspronklik ‘baie goed’, sonder enige boosheid [kommentaar
op Gen. 1:31]:
‘Op elkeen van die dae was eenvoudige goedkeuring gegee. Maar nou, nadat die
afwerking van die wêreld klaar was in al sy dele, en as ek so mag praat, sy
laaste opknapping ontvang het, het Hy verklaar dat dit volmaak goed is; sodat ons
kan weet dat daar in die eweredigheid van God se werk die hoogste volmaakthed is,
waarby niks gevoeg kan word nie.’9
Lyding op die aarde is die resultate van sonde [kommentaar op Gen. 3:19]:
‘Daarom mag ons weet, dat watter ongesonde dinge ookal geproduseer word, dat
dit nie natuurlike resultate van die aarde is nie, maar korrupsies wat sy oorsprong
het in die sonde.’
Fisiese dood is die resultaat van sonde:
‘En sommige verstaan wat voorheen gesê is. “Jy sal sekerlik doodgaan”,
in ’n geestelike sin; menende dat, selfs al het Adam nie gesondig nie, sy
liggaam nog steeds geskei moes gewees het van sy siel. Maar aangesien die uitspraak
van Paulus duidelik is, “Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle
ook almal in Christus lewend gemaak word” (1 Kor.15:22) is hierdie wond deur
die sonde aangebring … waarlik die eerste mens sou na ’n beter lewe
oorgegaan het, as hy regverdig gebly het; maar daar sou geen skeiding van die siel
en liggaam gewees het nie, geen korrupsies, geen vernietiging, en, in kort, geen
gewelddadige verandering nie.’10
God het Adam en Eva direk geskape [kommentaar op Gen. 5]:
‘ … [Moses] onderskei tussen ons eerste ouers en die res van die mensdom,
want God het hulle deur ‘n enkelduidige metode in die lewe gebring, waar die
lateres voorgekom het uit voorgangers, en gebore is vanaf ouers.’11
Die vloed was wêreldwyd [slegs ‘n klein deel van ‘n uitgebreide
bespreking van die regte, historiese aard van die Vloed en die Ark]:
‘En die vloed was veertig dae, … . Moses stel hierdie feit oorvloediglik,
om sodoende te wys dat die hele wêreld in die waters gedompel was.’12
Dit is dus duidelik dat as ons die gesag van die Skrif alleen aanvaar, ons Genesis
moet glo en aanvaar volgens sy eenvoudige betekenis. Christene wat dit ontken, is
besig om idees van buite op die Skrif af te dwing. Dit word erken deur die openhartige
erkenning van die ‘progressiewe kreasionis’, Pattle Pun:
‘It is apparent that the most straightforward understanding of Genesis, without
regard to the hermeneutical considerations suggested by science, is that God created
the heavens and the earth in six solar days, that man was created on the sixth day,
and that death and chaos entered the world after the fall of Adam and Eve, and that
all fossils [sic — creasionist would say ‘most’] were the result
of the catastrophic deluge that spared only Noah’s family and the animals
therewith.’13
Dit is hartseer dat een groeibodem vir anti-kreasionistiese, teïstiese, evolusionistiese/langtydperke
idees selfs ‘n kollege insluit wat na Calvyn vernoem is – Calvin College
in Grand Rapids, Michigan, VSA. Sommige van hul fakulteit het selfs na Calvyn verwys
asof hy in hul kamp was, ongeag, soos ons gesien het, Calvyn enige kompromieë
teengestaan het.
Die kerk het vandag ‘n nuwe Reformasie nodig om terug te keer na die gesag
van die Bybel, die geskrewe Woord van God, in plaas van om te vertrou op die feilbare
bewerings van ongelowige wetenskaplikes.
Verwysings
- Batten, D.,
Genesis means what it says: Basil ( AD 329–379),
Creation 16(4):23, 1994. Terug na teks.
- Citing Martin Luther, in Jaroslav Pelikan, editor, ‘Luther’s
Works,’ Lectures on Genesis Chapters 1–5, 1:3,6, Concordia, St.
Louis, MO, USA, 1958. Terug na teks.
- Packer, J.I., John Calvin and Reformed Europe; in: Great
Leaders of the Christian Church, Ed. Woodbridge, J.D., Moody Press, Chicago,
IL, USA, pp. 206–215, 1988. Terug na teks.
- Calvin, Institutes of the Christian Religion
2:925, ed. John T. McNeill, Westminster Press, Philadelphia, PA, USA, 1960.
Terug na teks.
- Calvin, J., Genesis, 1554; Banner of Truth, Edinburgh,
UK, 1984, p. 78. Terug na teks.
- Calvin, Genesis, p. 105. Terug
na teks.
- Ref. 5, pp. 76–77. Terug na teks.
- Calvin, Genesis, p. 83. Terug
na teks.
- Calvin, Genesis, p. 100. Terug
na teks.
- Calvin, Genesis, p. 180. Terug
na teks.
- Calvin, Genesis, p. 227. Terug
na teks.
- Calvin, Genesis, p. 272. Terug
na teks.
- Pun, P.P.T., Journal of the American Scientific Affiliation
39:14, 1987; emphasis added. Terug na teks.
|