Kerkleier neem standpunt in teen evolusie!
Outeur: Johan Kruger and
Robert Zins
Prof Piet Strauss

Kerkleiers vermy oor die algemeen betrokkenheid by die skepping-evolusie debat.
Verskeie redes word aangevoer vir die onwilligheid, ondermeer dat sinvolle toetrede
to die debat spesialis-kennis verg, en dat dit beter is om liewer geskille en kritiek
oor dié kwessie te vermy. Dit was dus bemoedigend om ‘n kerkleier standpunt
te sien inneem vir Bybelse skeppingsleer en teen evolusie.
Prof. Piet Strauss, moderator van die NG Kerk in Suid Afrika het
onlangs ‘n
onderhoud toegestaan aan JUIG!, ‘n toonaangewende Christen-tydskrif.
In die gesprekke het hy ook die geleentheid gehad om die Kerk se amptelike standpunte
te stel oor evolusie, en die Bybel as die onfeilbare Woord van God. Die moderator
het stellings oor evolusie gemaak wat aansienlike kritiek teen sy persoon uitgelok
het in die
elektroniese en
gedrukte media. Hy het ondermeer gesê dat evolusie in wese ‘n
(by)geloof is; dat sy voorouers nie ape was; en dat daar geen bewyse is vir oorgange
tussen diere en die mens.
Evolusionis en uitgesproke skeppingsleerder-kritikus, dr. Jurie van den Heever
(paleontoloog verbonde aan Universiteit Stellenbosch) het die geleentheid aangegryp
om weer sy eie evolusionêre agenda te bevorder.Hy het aangevoer dat die moderator
se uitsprake daarop dui dat die nodige agtergrond en gesonde oordeelsvermoë
betreffende ‘feite’ oor evolusie ontbreek. Deur te noem dat die mens
nie afstam van ape nie, maar dat die mens en ape ‘n gemeenskaplike
voorouer gehad het, het Van den Heever gepoog om aan te toon dat die moderator (verteenwoordigend
van die Christen-gemeenskap) nie behoorlik verstaan waaroor evolusie gaan nie. Hy
het voorts beweer dat afdoende bewyse bestaan van oorgangsvorme tussen die dier
en mens.
So wat van hierdie onderskeid
wat gemaak word tussen ape en een of ander vermeende gemeenskaplike voorouer van
die mens en ape ? Evolusioniste maak dikwels gebruik van hierdie
strooipop-argument om aan te voer dat Bybelse skeppingsleerders (en
Christene oor die algemeen) nie oor die nodige agtergrond oor evolusie beskik. Dit
is nietemin betekenisvol dat
n befaamde evolusionis en paleontoloog, George G. Simpson (1902–1984)
prontuit verklaar het dat enigeen wat die gemeenskaplike voorouer sou sien, dit
‘n aap of bobbejaan sou noem. Omdat die terme “aap” en “bobbejaan”
deur algemene gebruik gedefinieer word, sou die mens se voorsate inderdaad ape of
bobbejane gewees het. Vir ‘n ingeligte ondersoeker om anders te wil beweer,
sou flouhartig, selfs oneerlik wees, aldus Simpson.
Photo by Robert Moyle, news.sciencemag.org
Rapid speciation is not a problem for the creation model but a prediction.
Wat oorgangsvorme
betref, het Van den Heever aangedring daarop dat letterlik duisende voorbeelde bekend
is van evolusionêre veranderings wat steeds plaasvind binne (let
op, nie tussen) verskillende soorte organismes. Hy het toe verwys na ‘n
onlangse gedokumenteerde voorbeeld waar ‘n enkele genetiese verandering in
‘n bestaande voëlspesie wat besig is om (deur natuurlike seleksie
wat lei tot spesiasie), oorsprong te gee aan ‘n nuwe spesies.
Wetenskaplikes wat die Bybelse skeppingsleer voorstaan het tewens geen probleem
met
natuurlike seleksie, spesiasie en veranderings binne n geskape soort, iets
wat (soos die voorbeeld hierbo) oor tyd in die natuur plaasvind. Nietemin, die tipe
verandering tot op hede waargeneem in alle gevalle van ‘spesiasie’,
behels die blote sortering of verlore gaan van genetiese inligting, en
verskil dus aansienlik van die soort veranderings benodig vir molekule-tot-mens
opwaartse evolusie wat ‘n ontsaglike toename in genetiese inligting vereis.
Die veranderings hier waargeneem is dus eintlik net variasies (d.i. verskillende
spesies/rasse) binne ‘n soort, waar nuwe spesies/rasse
relatief vinnig uit bestaande spesies/rasse kan ontstaan (beperk
tot bestaande inligting in die genepoel van daardie soorte), maar nie
‘n oorgang tussen soorte nie. Beslis nie die tipe verandering wat
nodig is om ‘n mikrobe stap-vir-stap in ‘n mikrobioloog te verander.
Dit is dus taamlik misleidend om in hierdie konteks te praat van “evolusionêre”
veranderings, soos Van den Heever gedoen het.
Kampvegters vir evolusie soos Van den Heever poog reeds vir dekades om Christene
te intimideer deur hulle eie godsdienstige toewyding aan
filosofiese naturalisme (d.i. die natuur is al wat daar is) te bedek met
‘n “wetenskaplike vernislagie”. In die verlede het hierdie taktiek
goed gewerk, maar evolusioniste se stoutmoedigheid en
probleme met die evolusie-hipotese word nou toenemend ontbloot.
Kom verenig saam met ons in bemoediging van Christen-leiers wat gewillig is om die
Bybelse weergawe van skepping te verdedig, en standpunt in te neem vir die gesag
en waarheid van God se Woord, die Bybel.
Bywerk: Sedert die NG Kerk moderator, prof. Piet Strauss, gekritiseer
is oor sy twyfel aangaande evolusie, is die standpunt van die moderatuur hieroor
kortliks uiteengesit in ‘n
aanlyn artikel "NG Kerk sê nie ja óf nee vir evolusie".
Behalwe vir verskeie ander kwessies, is daar aangevoer dat die Kerk nie in ‘n
posisie is om gesaghebbende uitsprake te maak oor wetenskaplike teorieë soos
ondermeer evolusie. Vir baie Bybel-gelowige Christene, op die kerkbank sowel as
in leierskap-kringe, is dit gewis nie die einde van die bespreking nie!
| Expand this site. Besides the 7,000 fully searchable articles on this site, we want to add many more ways to reach a media-soaked culture. But it requires expertise to do it. Help us expand our methods of outreach.  | | |
|