Explore
Also Available in:

Hoe gemaak met Homo naledi?

Nog pseudo-wetenskaplike aansprake oor die mens se herkoms

deur
(vertaling deur Gerda de Wet)

http://www.timeslive.co.za Homo-naledi

Die internasionale en plaaslike media het die afgelope tyd gegons oor die openbare aankondiging op 10 September van beendere wat wes van Johannesburg gevind is en as Homo naledi beskryf is. Sommige Christene is besorg oor hoe om op hierdie soort aankondigings te reageer.1Die Christen-gemeenskap het vandag ’n goed toegeruste arsenaal bronne, soos dié van Creation Ministries International, om aannames oor ’n evolusionêre beskouing van die mens se oorsprong te verstaan en te weerlê.

Professor Lee Berger van die Universiteit van die Witwatersrand, ’n paleoantropoloog en leier van die span wat die navorsing in die sogenaamde ‘Wieg van die Mensdom’ gedoen het, is ’n ‘glanswetenskaplike’ wat goed weet hoe om maksimum publisiteit te ontlok – iets wat selfs die evolusiegesinde media erken. National Geographic het gesê “Berger is ’n energieke fondsinsamelaar en ’n meester om ’n openbare gehoor te boei.”2

Joernaliste van regoor die wêreld sowel as sakemanne, glanspersoonlikhede en politici het die amptelike geleentheid by Maropeng bygewoon. In wat heel moontlik ’n poging is om die soort “afjak” te vermy wat sy aankondiging van Australopithecus sediba3 van wedywerende paleoantropoloë in 2010 ontvang het, het Berger ’n aantal internasionale “jong wetenskaplikes, sommige met die ink nog nat op hulle Ph.D’s”2 betrek by die navorsing en publisering van hulle bevindinge in die aanlynjoernaal eLIFE.

Die spesifieke grot waar die beendere gevind is, is deur die twee grotkruipers, Steve Tucker en Rick Hunter, in 2013 ontdek.2 Hulle het die vonds aan Berger gerapporteer wat toe, weens die nou ingang na die grotte, op Facebook geadverteer het dat hy skraal wetenskaplikes soek om die vonds te gaan ondersoek. Hy het ’n span van ses vrouewetenskaplikes saamgestel wat die beendere tydens ekspedisies in 2013 en 2014 herwin het.

Daar is tot dusver ongeveer 1,500 bene herwin, heel moontlik verteenwoordigend van ten minste 15 individue. Daar word geglo dat daar nog baie beendere in hierdie merkwaardige vertrek, genaamd Dinaledi, (‘sterre’ in Sesotho) lê. Hierdie grotkamer is blykbaar nog nie voorheen ontdek nie, alhoewel die ander grotte in die omgewing al deeglik verken en bestudeer is. Dit is ook die terrein waar fossiele soos mev. Ples, die Taung-kind en meer onlangs, Australopithecus sediba gevind is. Hulle is almal geklassifiseer onder dieselfde genus Australopithecus.

Dus, hoe moet ons oor die jongste aankondiging dink?

Die eerste beginsel om te onthou, is die aard van die wetenskap agter sulke interpretasies van fossielbewyse. Dit betrek historiese of oorsprongwetenskap – die interpretasie van die onwaarneembare, ontoetsbare geskiedenis van die bewyse, in hierdie geval beendere. Die subjektiewe aard van hierdie interpretasie word wyd erken, selfs deur bekende evolusionistiese paleoantropoloë soos Darren Curnoe, wat die volgende gesê het: “Niemand kyk heeltemal onpartydig na ’n fossiel nie. Ek dink dat ons tot ’n sekere mate ook sien wat ons dink. Dus, jy bestudeer’n fossiel en het ’n idee oor hoe jy dink evolusie gewerk het, en die eerste ding wat jy doen, is om daardie fossiel by jou eie wêreldbeskouing te probeer inpas.”4 Dus erken hy en talle ander naturalistiese wetenskaplikes toenemend dat dit die wêreldbeskouing is wat die dryfkrag agter die interpretasie van bewyse is, nie andersom nie.

Wat hierdie aankondiging anders maak, is dat al die vorige hominiede-fossiele in hierdie gebied as australopithecines aangewys is. Australopithecus spp. is deur prominente evolusionistiese meningsvormers soos Charles Oxnard afgemaak as unieke, uitgestorwe primate wat irrelevant vir menslike evolusie is en anatomies verder van ape sowel as mense is as wat hulle van mekaar is. Met betrekking tot A. sediba: “Alhoewel die doyens van paleoantropologie hom (Berger) krediet gegee het vir sy ‘verstommende’ ontdekking, het die meeste kenners egter sy interpretasie daarvan verwerp. A. sediba was te jonk, te eiesoortig en nie op die regte plek om ’n voorsaat van Homo te wees nie: Dit is nie een van ons nie.”2 Om die kalklig terug te wen, moes Berger ’n Homo vind. H. naledi oorvleuel anatomies genoeg om in staat te wees om tans ten minste tentatief in daardie genus geakkommodeer te word.

CMI vors tans die aannames na en sal in die toekoms ’n volledige tegniese assessering publiseer. Tot dan staan ons ongebonde oor of die beendere van mense of van ape afkomstig is of nie. Wat dit wel nié is nie, is een of ander verlore skakel tussen aapagtige voorsate en die mens – wat Berger en sy span duidelik probeer te kenne gee. Die interpretasie as ’n nuwe spesie van Homo ondervind reeds kritiek vanuit die evolusionistiese gemeenskap.5

Hierdie skepsels word in die literatuur beskryf as dat hulle onderskeidelik “voete het wat ononderskeibaar” is van moderne mense”,6 die “vermoë gehad het om gereedskap te gebruik”,2 kon deelneem aan “rituele … om liggame te verwyder”7, en laastens dat “Homo naledi vuur kon gebruik het om lig te maak.”8

’n Mens sal moet wag en sien of die evolusionistiese wetenskaplike gemeenskap hulle gaan skaar by die siening dat die beendere Homo is of bloot Australopithecus. Maar hoekom wil ’n mens die beendere as H. naledi etiketteer as daar so ’n groot aanduiding is dat hulle gewone mense was met ’n paar unieke anatomiese variasies, net soos daar vandag variasie tussen verskillende mensegroepe is wat almal van die eerste twee mense afstam wat deur God geskape is – Adam en Eva? Tim White van die Universiteit van Kalifornië, wat ’n ander beskouing oor menslike evolusie het, glo dat die beendere aan die spesie H. erectus behoort wat in die 19e eeu benoem is. Volgens beriggewing het hy gesê: “Nuwe spesies moenie goedsmoeds geskep word nie. Om ’n nuwe spesies te verklaar, moet ’n mens kan bewys dat dit anders is as enigiets wat reeds bekend is.”5

H. naledi is inderdaad beskryf met eienskappe “soortgelyk aan vroeë Homo-spesies, insluitend Homo erectus, Homo habilis en Homo rudolfensis9. Daar is ’n toenemende aantal evolusionistiese paleoantropoloë wat vandag argumenteer dat hierdie ’n arbitrêre benaming van spesies vir ’n variasie van die mens is. “Met ander woorde, in plaas daarvan dat Afrika eens die tuiste was van veelvuldige menslike spesies soos Homo erectus, Homo habilis, Homo ergaster en Homo rudolfensis, is al hierdie eksemplare dalk net bloot Homo erectus.”10 Wetenskaplikes soos Wolpoff het al so lank gelede as 2001 geargumenteer dat genoemde “spesies” eintlik almal onder H. sapiens moet resorteer – dus die mens.11

Oorblyfsels van bejaardes, jong volwassenes, jeugdiges en kinders is op die terrein gekry.2 Daar is ook drie gefragmenteerde skedels gevind. Behalwe vir die subjektiewe aard van die rekonstruksie van die skedels, val die gemelde breinkapasiteit van ongeveer 560 cm3 wat gebruik is om die “primitiewe” interpretasie van die oorblyfsels te regverdig, goed binne die bestek van groottes vir kinders en selfs patologiese volwassenes.

Die gebrek aan enige poging om die beendere te dateer is ’n opvallende weglating. Dit wil voorkom of die wetenskaplikes wat betrokke is, ’n ouderdom van ongeveer twee miljoen jaar oud sal verkies, wat hulle sal help om dit as die perfekte “skakels” tussen Australopithecus en Homo in evolusionistiese aannames te plaas. Berger se verskoning vir die weglating is dat “hy gevoel het dit nie eties sou wees om hominiede-materiaal te vernietig voordat dit beskryf is nie; om die monsters te dateer sou beteken dat die materiaal vernietig word.”12 Aangesien daar meer as 1,500 stukke verwyder en ondersoek is, en hulle self erken het dat daar moontlik nog duisende beenfragmente in die grot agtergebly het, kon hulle seer sekerlik een stukkie been vir radiometriese datering opgeoffer het?

Die Berger et al artikel wat die geologiese konteks van die vonds beskryf, verwys herhaaldelik na die reste as “beendere” en slegs “gedeeltelik gemineraliseerd.”13 Hulle is ook nie eens uit versteende sediment opgegrawe nie, maar uit grond “saamgestel uit grootliks ongekonsolideerde sediment…wat oorheers word deur herbewerkte oranje modderklaste ingebed in ’n bruin modderige matriks ”13 Baie van die bene het geen opgrawing geverg nie. Die vrouespan “het meer as 400 fossiele op die oppervlak gekarteer en ingesamel, en toe begin om grond versigtig rondom die skedel wat half begrawe was, te verwyder.”2 As ’n mens daaroor dink, kon dit net sowel ’n beskrywing van die verwydering van bene van ’n oorlogsveld in die Tweede Wêreldoorlog wees. Dit alles is ’n aanduiding dat die bene redelik jonk kan wees, in welke geval koolstof-14 die vanselfsprekende dateringsmetode sou wees.

Die rede hoekom 14C-datering nie op die bene gedoen is nie, is omdat die aannames agter 14C-datering wat aan sowel evolusionistiese as skeppingswetenskaplikes bekend is, ’n maksimum teoretiese ‘ouderdom’ van 50 000 tot 100 000 jaar aangee vir enige monster wat radiokoolstof bevat.14 Die aanwesigheid van 14C in hierdie oorblyfsels, sal die evolusionêre menslike afkoms duidelik weerlê. Hiermee dus ’n openbare uitdaging aan diegene wat betrokke is by die aansprake oor H. naledi. As monsters aan CMI beskikbaar gestel word, is die bediening bereid om die 14C-analise te befonds. Dit moet egter op so wyse geskied dat alle partye tevrede is dat geen kontaminasie plaasgevind het nie.

Ironies genoeg word hierdie pseudo-wetenskaplike aansprake (wat heel moontlik in die toekoms uitgedaag sal word deur wedywerende paleoantropoloë),15 aangegryp deur politici wat ywerig is om in die kalklig van hierdie ‘wetenskaplike’ ontdekking te baai. Darwinistiese evolusie en sy meelopers, raswetenskap, sosiale Darwinisme en eugenetika, was die ideologiese grondslag van ’n groot deel van die rasisme en wit oorheersing van die 20ste eeu. Dit het daartoe gelei dat swart mense in Afrika gereeld soos ape en bobbejane behandel is en ook so genoem is.16 Dit is hartseer dat sommige van die swart leiers wat dikwels in die verlede betrokke was in die stryd teen hierdie praktyke, vandag gewillig is om hierdie veronderstelde aapagtige voorsate te kus (letterlik in een geval).

Wat ook al die finale reaksie op hierdie aankondiging sal wees, die fossiel-oorblyfsels is óf die van ’n ‘aapsoort’, óf die van die mens, en indien dit laasgenoemde is, is dit nasate van die historiese Adam en Eva. Hulle het heel moontlik tydens die post-Babel tydperk die afgelope paar duisend jaar gesterf.

En so moet Christene nie “meer kinders … wees … wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, uit wie die hele liggaam – goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate – die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.” (Efesiërs 4:14–16).

Verwysings en notas

  1. CMI has received numerous call from Christians since the 10 September 2015 announcement, including from Christian radio stations. Listen to the podcast interview on Radio Pulpit, https://soundcloud.com/radiokanselweb/brandpunt-evolution-11092015. Terug na teks.
  2. Shreeve, J., This Face Changes the Human Story. But How?, news.nationalgeographic.com, accessed September 2015. Terug na teks.
  3. Line, P., Australopithecus sediba—no human ancestor, April 2010; creation.com/sediba; and Australopithecus sediba revisited, September 2011; creation.com/sediba2. Terug na teks.
  4. Enigma Man: A Stone Age Mystery, Australian TV documentary. See Grigg, R., Enigma Man: A Stone-age Mystery, July 2014. Terug na teks.
  5. Reuters article, Critics Question Homo Naledi Fossil Find in South Africa, NBC online news. Terug na teks.
  6. News 24, 10 fascinating facts about Homo naledi, 10 September 2015. Terug na teks.
  7. Rising Star Expedition reveals new species: Homo naledi, wits.ac.za, accessed September 2015. Terug na teks.
  8. McKenzie, D., and Wende, H., Homo naledi: New species of human ancestor discovered in South Africa, edition.cnn.com, accessed September 2015. Terug na teks.
  9. Berger, L.R., et al., Homo naledi, a new species of the genus Homo from the Dinaledi Chamber, South Africa, eLife 2015(4):e09560 | doi: http://dx.doi.org/10.7554/eLife.09560. Terug na teks.
  10. Choi, C.Q. What We Learned About Human Origins in 2013, December 28, 2013, LiveScience online science newsletter. Terug na teks.
  11. Wolpoff, M.H. et al., Modern human ancestry at the peripheries: a test of the replacement theory, Science 291(5502):293–297, January 2001 | doi: 10.1126/science.291.5502.293. Terug na teks.
  12. Chernick, I., and Dipa, K., Critics rain on H. naledi team’s parade, iol.co.za, accessed September 2015. Terug na teks.
  13. Dirks, P., Berger, L., et al., Geological and taphonomic context for the new hominin species Homo naledi from the Dinaledi Chamber, South Africa, eLife 2015(4):e09561 | doi: http://dx.doi.org/10.7554/eLife.09561. Terug na teks.
  14. Wieland, C., Radiometric dating breakthroughs, Creation 26(2):42–44, March 2004. Terug na teks.
  15. This is already happening at the writing of this article, see Ref. 12. Terug na teks.
  16. Ambler, M., Herero genocide, Creation 27(3):52–55, June 2005. Terug na teks.

Helpful Resources

Contested Bones
by Christopher Rupe, Dr. John Sanford
US $29.00
Soft cover
One Big Family
by Gary and Frances Bates
US $15.00
Hard cover