Share
A- A A+

Article from:

Creation  Volume 10Issue 2 Cover

Creation 10(2):10–12
March 1988

Dit gaan oor tyd

deur
vertaal deur Nicolene Filmalter

Het God bewyse van die skepping in klein sfere binne-in rotse gelos? ‘n Skeppingsleerwetenskaplike glo Hy het. En sy werk is nog nooit weerlê nie

Die wetenskaplike gemeenskap beweer in die algemeen dat die wetenskap niks openbaar aangaande die bestaan van God nie. Die kritiese benadering en noukeurige studies van ‘n Amerikaanse fisikus het egter aan die lig gebring dat die meeste wetenskaplikes nie net onkundig is aangaande die waarheid nie, maar dat hulle ook onkundig wil wees daaroor.

Robert V. Gentry het in ‘n familie grootgeword wat geglo het dat God alle dinge geskape het. Dit is natuurlik nie wat hy gehoor het by die professore op universiteit nie. Nogtans het dit nie in Gentry se gedagtes opgekom om aan die betroubaarheid van sy opvoeders te twyfel nie.

Net soos miljoene Amerikaners elke aand hul gunsteling TV-nuus kommentators vertrou om objektief en eerlik te wees, het ek en my klasmaats vertrou dat ons onderwys vir ons die volle verhaal gee. Wetenskaplike bewyse vir Genesis was nooit genoem nie; ons het aanvaar dat daar geen bewyse bestaan het nie. (Gentry, Creation’s Tiny Mystery, Earth Sciences Associates, Knoxville, Tennessee, 1986, p. 11).

Robert Gentry het egter nie ‘n oortuigde evolusionis geword totdat hy ‘n nagraadse kursus in kosmologie geneem het nie. Dit het hom gefassineer om te dink dat die wetenskap die uiteindelike begin van die heelal kon onderskei. Ten einde sy vroeë opleiding te versoen met hierdie nuwe geloof in die Oerknal, het Gentry aangeneem dat God die hele proses begin het.

Ses onbepaalde tydperke?

My universiteitsopleiding het my in ‘n teïstiese evolusionis verander, een wat geglo het dat God die Genesis-weergawe van die skepping bedoel het as ‘n allegoriese beeld (sinnebeeld) van die totale ontwikkeling van die kosmos. Dit het geblyk asof die stukke van die legkaart nou besig was om in plek te val — die ses dae van die skepping was eenvoudig ses lang, onbepaalde tydperke. Die biologiese evolusie van lewe op aarde was verweef met die geologiese evolusie van ons planeet en alles kon teruggevoer word na die mistieke Oerknal. (Gentry, p.12).

Nadat Robert Gentry met ‘n Meestersgraad aan die Universiteit van Florida gegradueer het, het hy met navorsing oor die militêre toepassings van kernwapens begin. Gedurende hierdie tydperk, is sy verstandelike akkommodering van geloof en wetenskap deur ‘n meer noukeurige lees van die Dekaloog (die Tien Gebooie) geskud. Die konteks van die vierde gebod het verseker gedui op ‘n letterlike ses-dag skepping: ‘Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is…’(Exodus 20:11).

My pakket-plan om God en die wetenskap te verenig het geblyk in duie te stort. Ek moes op een of ander manier tyd maak om die wetenskaplike bewyse vir evolusie te her-ondersoek. (Gentry, p. 13).

Kritieke vraag

Maar waar sou ‘n mens begin om die bewyse vir evolusie te her-ondersoek? Die kritieke vraag het duidelik te doen gehad met die ouderdom van die heelal. Gentry se aanvaarding van die Oerknal en alle ander aspekte van die evolusie-teorie het berus op sy oortuiging dat radiometriese dateringstegnieke bewys het dat die aarde uitermate oud was. Dit was tyd, het hy besluit, vir kritiese denke aangaande die aannames wat gebruik word in die tegnieke om rotse te dateer.

Ouderdombepalings op rotse maak gebruik van die verval van sekere radio-aktiewe elemente. Die tempo van hierdie proses kan maklik gemeet word. As aangeneem word dat die proses teen ‘n bestendige tempo voortgegaan het, behoort ‘n vergelyking van die hoeveelheid ouer radio-aktiewe-verbinding teenoor die hoeveelheid van die gevolglike dogter-produk, te dui op die tydsduur waarteen die proses voortgegaan het. Die berekening is eenvoudig genoeg, maar die antwoord is slegs geldig indien sekere aannames waar is. Gentry het besluit om bewyse in die verlede te soek aangaande vervaltempo’s. Die voor-die-hand-liggende plek om te kyk, was by die littekens in rotse wat geëts was deur die proses van radio-aktiewe verval. Hierdie mikroskopiese sfere in die rotse word pleochroïese of radio-aktiewe sfere (radiosfere) genoem.

Terug in die na-graadse skool, het Gentry aan die Voorsitter van die Departement Fisika aan die Georgia Instituut van Tegnologie voorgestel dat ‘n studie van radiosfere lig kon werp op die betroubaarheid van radiometriese datering. Die professor het hom ontmoedig op grond daarvan dat radiometriese dateringstegnieke alreeds as betroubaar bekend was.

Geleende mikroskoop

‘n Jaar later, bevind Gentry homself buite die na-graadse skool. Onverskrokke het hy tuis sy navorsing begin met ‘n geleende mikroskoop en geleende stukke granietrots. Hy het goed geweet dat die projek die nuutste in duur laboratorium toerusting sou vereis. Alhoewel die vooruitsigte vir die voltooiing van sy projek maar swak was, het hy volhard. Vir twee jaar lank het Gentry sy navorsing in sy huis uitgevoer. Inkomste het aanvanklik in die vorm van deeltydse werk gekom, maar privaat borge het later ter ondersteuning bygedra.

Deur sy werk by die huis het Gentry vinnig vertroud geraak met die algemene sfere in die granietdele wat voorberei was vir mikroskopiese ondersoek. Hy het die radio-aktiewe element in die middel van elke sfeer geïdentifiseer, gebaseer op die diameters van die verskeie konsentriese ringe. Die verkleurings is gemaak deur alfa-partikels (twee protone en twee neutrone gekombineer) wat uit minerale gewerp is soos wat hulle na ‘n meer stabiele element verval. Afhangend van watter radio-aktiewe element dit was, het die alfa-partikels meer of minder energie gehad om oor groter of kleiner afstande te beweeg. Soos wat hulle reis, laat die alfa-partikels ‘n spoor van skade na in die vorm van ‘n permanente litteken.

Die resultaat, nadat talle alfa-partikels ontsnap het, is ‘n sferiese verkleurig rondom die radio-aktiewe middelpunt. Die onstabiele ouer verander geleidelik na ‘n stabiele dogter-verbinding. Die tempo waarteen dit plaasvind, wissel volgens die betrokke element. Sommiges verval teen ‘n baie vinniger tempo as ander. Om die tempo’s te vergelyk, word die tydsduur wat dit neem vir ‘n halwe monster van ‘n onstabiele element om te verval, gerapporteer as die half-lewe van daardie element.

Metings van die alfa-ring groottes het aangetoon dat drie sfeer-tipes ontstaan het vanuit drie isotope (vorms) van die element polonium. Met die gebruik van ‘n spesiale fotografiese emulsie, kon Gentry die roete van byna helfte van die partikels wat vanuit die individuele sfere ontsnap het, aanteken. Hy het ontdek dat geen alfa-partikels vanuit die polonium sfere afkomstig was nie. Hulle radioaktiwiteit was uitgeblus.

Vinnige verval

Polonium isotope is interessant; hul half-lewe is uiters kort. Dit is polonium210 (138.4 dae), polonium214 (164 mikro-sekondes) en polonium218 (3 minute). Ander het voorgestel dat, aangesien polonium afkomstig is van die radio-aktiewe verval van uraan, die oorsprong van polonium-sfere in graniet die gevolg is van polonium wat in oplossing verwyder is vanuit die uraan bron. Verder is geglo dat die polonium in oplossing deur die rots kon migreer en op sekere punte versamel waar sfere gevolglik sou vorm.

Gentry het egter vasgestel dat daar nie ‘n voldoende uraanbron was nie en ook geen manier dat polonium in oplossing tot by versamelpunte kon beweeg het nie. Met sulke kort halfleeftye, sou die polonium verval het voordat dit kon konsentreer om sfere agter te laat.

Die belangrikheid van hierdie polonium-sfere, is dat hulle nie inpas by die evolusioniste se voorstelling van die geskiedenis nie.

Volgens evolusionêre geologie, het die Pre-Kambriese graniet wat hierdie spesiale sfere bevat, geleidelik gekristalliseer soos wat warm magma stadig oor lang tydperke afgekoel het. Die radio-aktiwiteit wat hierdie spesiale radiosfere geproduseer het, het aan die ander kant so ‘n vlietende bestaan dat dit sou verdwyn het, lank voordat die magma tyd gehad het om voldoende af te koel om soliede rots te vorm. Dit was waarlik ‘n raaisel. Sou ek dit kon oplos? (Gentry, p.31).

Die logiese antwoord

Die enigste logiese antwoord het gou duidelik geword. Die tydspose tussen die skepping van die chemiese elemente en die vorming van die aarde se granietrotse, was op die meeste minute, eerder as miljarde jare. Die implikasies hiervan vir die wetenskap is verstommend:

… ‘n oombliklike skepping van graniet laat ‘n paar miljard jare van die aarde se geskiedenis verval tot byna niks… . Die miljarde jare wat geglo is nodig te wees vir die aarde om te ontwikkel vanuit een of ander newelagtige massa, verdamp eenvoudig wanneer dit gekonfronteer word met sodanige bewyse. Die essensiële tydselement wat nodig is vir evolusie om plaas te vind, verdwyn eenvoudig. (Gentry, p.33).

Gentry het hierdie basiese ontdekkings op sy eie gemaak. Soos wat hy begin het om sy resultate te publiseer, is navorsingsfasiliteite aan hom beskikbaar gestel. Hy het hom verbind aan ‘n klein kollege in Takoma Park, Maryland. Drie jaar later het hy aangesluit by die personeel van die Oak Ridge Nasionale Laboratorium in Tennessee as ‘n gas (genooide) wetenskaplike. Daar het hy vir die volgende 13 jaar die beste en nuutste toerusting gebruik om sy data te bevestig en uit te brei.

Slegs ‘n paar wetenskaplikes het gedurende die vroeë stadiums die dramatiese implikasies van Gentry se werk verstaan. Hy het gou ontdek dat die duidelik-making van hierdie implikasies daartoe gelei het dat die publikasie van sy resultate in wetenskaplike joernale geweier sou word. Maar hy het wel daarin geslaag om in die mees gesogte joernale te publiseer (Science en Nature onder meer), deur toe te laat dat sy data alleen staan en dus spreek tot wie ook al die implikasies sou insien.

Navorsingsfondse gesny

Teen die laat 1970’s, het hierdie implikasies egter wyd-en-syd verstaanbaar geword en die vyandigheid het begin ophoop. Sy aansoeke vir verdere navorsingsfondse is geweier en hy het ook uiteindelik sy affiliasie met Oak Ridge Nasionale Laboratorium, asook die klein kollege, verloor. Evolusionistiese wetenskaplikes het beweer dat Gentry se resultate ‘n ‘klein misterie’ aan die lig gebring het wat eendag deur die standaard evolusionêre interpretasie van die geskiedenis geakkommodeer sou word.

Robert Gentry het troos gevind in die feit dat die resultate van sy navorsing nog nooit as foutief uitgewys is nie. Eerder as om die rede te ondersoek waarom hulle geen antwoorde op Gentry se bewyse vir ‘n jong heelal en aarde kan gee nie, ignoreer mede-wetenskaplikes bloot die hele onderwerp. ‘n Mens mag aaneem dat dit van kritiese belang sou wees om sy bewyse te bevestig of te weerlê. Miskien is hulle bang vir wat hulle mag ontdek. Maar wanneer hulle sê daar is geen bewyse vir die skepping nie, is hulle óf oneerlik, óf oningelig.

Met betrekking tot Gentry se werk, blyk die houding van meeste in die wetenskaplike gemeenskap, nie om tentatief en ondersoekend te wees (soos hulle beweer dit is) nie, maar eerder om stewig verbind te bly tot een filosofie. Dit is, dat die natuur geen behoefte het aan God nie, en gevolglik ook nie wetenskaplike verduideliking nie. Die eeue-oue houding teenoor God het nie verander nie:

Verhard hierdie volk se harte. Maak hulle ore toe en hulle oë blind. So sal hulle nie met hulle oë kan sien, met hulle ore kan hoor, met hulle harte kan verstaan, en hulle na My toe draai en gesond gemaak word nie. (Jesaja 6:10 NLV).

Laat ons intussen inspirasie put uit die resultate van die kritiese denke van Robert Gentry.

(Erkenning vir die gebruik van hierdie artikel gaan na die Gereformeerde Perspektief, Posbus 12, Transcona Postal Station, Winnipeg Manitoba. Kanada R2C 2Z5.)

[Opdatering: sien The collapse of ‘geological time’ (aangaande radiosfere in versteende hout, ook met foto’s van radiosfere)]

Related Articles


Ken E. wrote: “I just wanted to drop a note to express my gratitude for the kind of information you supply at the CMI web-site. I love science and find it thrilling to see how it may be used to glorify God and build faith in Him.” Glorify God in His creation. Support this site

Copied to clipboard
9286
Product added to cart.
Click store to checkout.
In your shopping cart

Remove All Products in Cart
Go to store and Checkout
Go to store
Total price does not include shipping costs. Prices subject to change in accordance with your country’s store.