Explore
Also Available in:

Die heelal se geboortesertifikaat

deur Alexander Williams
vertaal deur Nicolene Filmalter

Die heelal se geboortesertifikaat

Sodra jy die Bybel as histories laat vaar, begin alle Christelike leerstellings om te disintegreer. Dr Nigel Leaves, die Opsigter en Dekaan van Studies by John Wollaston Anglican Theological College in Perth (Australië), bied in tipiese voorbeeld in The God Problem: Alternatives to Fundamentalism.1 Hy sê dat ‘die belangrikste faktor in die afname van die Christelike geloof, die voortgesette aandrang op ‘n bonatuurlike God—die Almagtige, die wetgewer en die regter, is.’ Hy oorweeg vier alternatiewe tot ‘fundamentalisme’ (d.w.s. geloof in die God van die Bybel), deur te sê: ’Tradisionele oortuigings oor God kan nie volgehou word in die lig van die jongste wetenskaplike en kritiese denke nie.’ En natuurlik rus die ‘jongste wetenskaplike denke’ op die basis om die tydskaal van die Genesis-skepping te verontagsaam.

Maar die Bybel gee vir ons ‘n afgemete tydskaal, ‘n ooggetuie-rekord van die geskiedenis, ‘n baie veiliger grondslag as enige moderne wetenskaplike beraming. ‘n Afmeting staan keer op keer, bó ‘n beraming!

Die aarde se ‘geboortesertifikaat’

My geboortesertifikaat gee vir my ‘n gemete tydskaal vir my ouderdom. Dit is ‘n ooggetuie-verklaring dat ek op 28 Januarie 1946 gebore is en ander ooggetuies het ‘n rekord van die aarde gehou wat sedertien al 61 keer die son omsirkel het. Net so gee die Bybel vir ons ‘n ‘geboortesertifikaat’ vir die heelal—‘n ooggetuie-verklaring dat God dit geskape het in ses gewone-lengte dae in Adam se tyd. Die familiegeskiedenis en patriargale ouderdomme in Genesis bou voort op hierdie rekord. God het dit toe bevestig aan Moses en dit met Sy eie vinger op klip neergeskryf in die Sabbatsgebod (Exodus 20:11; 31:18; 32:16).

Jesus het later die betroubaarheid van die Ou Testamentiese geskrifte bevestig—in detail en in totaliteit2—deur die akkurate voorspelling van sy dood en opstanding op grond daarvan. Dit is, dood het die wêreld binnegekom slegs as straf vir Adam se sonde tydens die Sondeval en Jesus, die laaste Adam, (1 Korintiërs 15 en Romeine 5:6–21) het ons plek ingeneem en daardie straf vir ons gedra, en ons dus só herstel tot die ewige lewe. Die oomblik toe die boete betaal is, het die dood geen houvas meer op Hom gehad nie, en het Hy uit die dode opgestaan. Jesus se opstanding verifieer/bekragtig Genesis as ware geskiedenis. Die opstanding van Jesus, ‘n bevestigde feit van die geskiedenis (Hand. 17:31)3, is dus ons waarborg van die afgemete Bybelse tydskaal vir die heelal (Luk 24:27,44).

Wetenskaplikes moet aannames en afleidings maak

Geen wetenskaplike het enige alternatief of beter ‘geboortesertifikaat’ vir die aarde of die heelal nie. Alle wetenskaplike beramings van die aarde en heelal se ouderdom vereis ‘n hele klomp aannames. Die belangrikste aanname is uniformitarisme, wat ateïsme, vermom as wetenskap is, omdat dit geen bonatuurlike ingrypings in die geskiedenis aanvaar nie.4 Christene het geen rede om ateïstiese aannames oor die heelal te aanvaar nie, maar alle rede om dit te verwerp.

Jesus se opstanding bekragtig die akkuraatheid van die Bybel, veral die geskiedenis van die Skepping en die Sondeval. Geen Bybelgeleerde het sedert Jesus uit die dood opgestaan om enige alternatiewe standpunt te bekragtig nie. Moenie toelaat dat enige iemand hierdie kosbare geskenk wat God aan ons in die Bybel gegee het, steel nie.

Verwysings en notas

  1. Polebridge Press, California, USA, 2006, kwoteer in Keith MacDonald, Defining God in the 21st century, The West Australian, 18 November, 2006. Dr Leaves was deur kerklike owerhede, wat beweer het die koerantberig was ‘doelbewus skelm’, uitgedaag. Leaves sê hy ondersteun ‘inklusiewe Anglikanisme en die teologiese diversiteit van die Bisdom van Perth.’ Sien: ’n Reaksie op die misleidende resensie van Nigel Leaves se boek deur Keith MacDonald (West Australian) of, www.perthanglicans.com.au/PDFs/Leaves281106.pdf. Terug na teks
  2. Livingston, D., Jesus on the infallibility of the Scripture, creation.com/jesus_bible. Terug na teks
  3. Q&A on Jesus Christ, His Resurrection, creation.com/res. Terug na teks
  4. Sien: Amazing admission, Creation 20(3):24, 1998, creation.com/lewontin. Terug na teks

Helpful Resources

Dismantling the Big Bang
by Alex Williams, John Hartnett
US $20.00
Soft cover