Explore

Met nuwe momentum—toenemende geleenthede!

Lewens aangeraak en verander, en 'n paar duisend mense bereik deur die Bates-toer

Johan Kruger and Robert Zins

(Vertaling deur Gerda de Wet)

Parorama
Enthused young ones

Weergaloos! Gary Bates se warrelwind-toer deur die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal in Februarie was 'n wonderlike geleentheid om mense te bereik wat nog nooit voorheen die Genesis-evangelie-boodskap in Suid-Afrika gehoor het nie. Dit opsigself is baie opwindend, aangesien die skeppingsbediening tog oor mense gaan — Christen-gelowiges wat bewapen en toegerus word om antwoorde te kan gee (1 Petrus 3:15), en ongelowiges wat met die evangelie bereik word.

Die CMI-span is oral hartlik ontvang. Uit verskeie bevolkingsgroepe en agtergronde het oud en jonk in groot getalle praatjies in gemeentes bygewoon. Selfs byeenkomste in die week het goeie aftrek gekry, dikwels ook besoekers vanuit die plaaslike gemeenskap, wat baie verblydend was.

Question time

Die toer is gekenmerk deur groot belangstelling in die hulpbronne asook indringende gesprekke rondom boektafels. 'n Hongerte vir die boodskap was onmiskenbaar. CMI-ondersteuners kon nie uitgepraat raak oor die impak wat die bediening op hulle lewens gehad, en steeds het nie. Sommiges het vertel hoe evolusie eens twyfel gebring en verwarring gesaai het, maar dat CMI se bekostigbare tydskrifte, boeke en DVD’s hulle gesinne se geloof en vertroue in die Bybel grootliks versterk het.

Dit gaan oor mense!

Gary het tydens die toer verskeie geleenthede gehad om ná aanbiedings gesprekke te voer met individue. 'n Bejaarde man wat sy vrou deur kanker aan die dood afgestaan het, wou by Gary weet hoekom 'n goeie God wat almagtig is, toelaat dat 'n Christen 'n pynlike dood sterf. As iemand wat self geliefdes aan die dood afgestaan het, en heelwat hieroor geskryf en gepraat het, kon Gary die man bemoedig, saam met hom bid en vertrou dat die Heilige Gees hom verder sou vertroos.

Kompromie in die kamp!

Meeting

Tydens 'n ander byeenkoms het 'n tienermeisie Gary genader oor beweerde ‘wetenskaplike’ besware teen skepping, ondermeer natuurlike seleksie en mutasie. Sy was redelik omgekrap terwyl Gary verduidelik het dat hierdie twee sogenaamde ‘enjins’ van evolusie (wat in die natuur variasie teweegbring—maar slegs binne 'n geskape soort) net nie in staat is om molekules in mense te verander nie, selfs nie oor die beweerde miljoene jare nie. Die lig het uiteindelik tog vir haar opgegaan.

Tot Gary se groot verbasing noem sy toe dat dit haar biologie-onderwyser by 'n Christen-skool is wat hierdie onwetenskaplike evolusionêre argumente as feite voorhou. 'n Eksemplaar van Dawkins se boek The God Delusion is ook aan haar gegee, met die opdrag om ’n verslag daaroor te skryf. Alhoewel dit die bekommerde gasspreker se mond vir ’n oomblik laat oophang het, is die jong dame uiteindelik daar weg met 'n groot glimlag en 'n gratis eksemplaar van die The Creation Answers Book in die hand! (Terloops, die betrokke boek is binnekort ook in Afrikaans beskikbaar).

Training

Die Bates-toer het weereens beklemtoon dat wanneer die lig vir mense opgaan oor die Bybel en oorsprong-kwessies, neem die vraag na skeppingsbediening in gemeentes ook toe. Dit is altyd verblydend om te sien wanneer Christene begryp dat hierdie belangrike kwessie nie ‘vuurpylwetenskap’ is nie! Oud en jonk kan die basiese beginsels verstaan, hul geloof vrymoedig met andere deel, en ook sinvolle antwoorde gee. Soos 'n entoesiastiese jong ma dit een keer gestel het: ‘Ek kan nie glo dat ek eens in evolusie geglo het nie – dit kom nou so onsinnig voor.’

Met die toename in aanvraag, neem geleenthede ook toe. Tydens die Bates-besoek is daar opleiding gegee aan addisionele CMI-sprekers en 'n ekstra bedieningskoördineerder in die plaaslike kantoor. Meer geleenthede vir bykomende sprekers sal in die toekoms help om hierdie wonderlike boodskap vinniger en verder uit te dra.

Deur die Here se genade het die toer veel vrug, baie getuienisse en nuwe momentum opgelewer. Ons beplan om in Sy krag met hernude ywer voort te gaan met die bedieningstoere wat nog hierdie jaar voorlê! Dit is 'n belangrike tyd vir die bediening in Suid-Afrika en ons het jou meer as ooit te vore nodig om deel te wees van die groot CMI-span!

Enigeen kan 'n bydrae lewer!

Enthused young ones

Wat tydens die toer vir Suid-Afrika in 'n aantal gemeentes bereik is, is wêreldwyd van toepassing, selfs in jou eie land waar CMI kantore het. Jy mag dalk’sê: ‘Ek is te jonk of te oud, wat kan ek tog doen?’ Bid gereeld vir die bediening—as Christene is ons in 'n geestelike stryd gewikkel! Vind uit of jy dalk 'n geleentheid kan reël vir 'n CMI-spreker om in jou kerk of groep op te tree; ons bedieningsafdeling sal al die reëlings hanteer. Kontak plaaslike gemeentes en mediabronne, en gebruik die CMI webblad om die nuus oor gebeure in jou betrokke area te versprei. Help met die befondsing van nuwe inisiatiewe—meer sprekers, 'n toenemende aantal toere en naweekbedieninge sal noodwendig meer mense in Suid-Afrika en regoor die wêreld bereik.

Ten slotte—aan al ons ondersteuners en vriende van die bediening—baie dankie dat julle saam met ons hande vat in die stryd om die hart en gemoedere van mense. Onthou, die skeppingsbediening is 'n passie—maar 'n passie wat omgee. Ons waardeer julle gebede en praktiese ondersteuning wat ons in staat stel om steeds plaaslike en internasionale CMI-sprekers regoor Suid-Afrika en oor die wêreld heen te laat optree.