Explore
Also Available in:

‘Hangende’: Wat moet ons verdedig?

1305-monkey

Editoriaal

deur Carl Wieland
vertaal deur Annalouise Bekker

Een van die mees algemene bespottings wat gemaak word aangaande die skeppingsleerwetenskap, is dat dit niks met operasionele wetenskap te doen het nie, omdat dit met die Bybel as basis, begin. Die wetenskap vra vrae, sê hulle, en soek dan na antwoorde. Wanneer jy egter met antwoorde begin, hoe kan jy dan besig wees met wetenskap?

Natuurlik beweer ons nie dat God alle moontlike kennis in Sy Woord ge-openbaar het nie. Wat ons wel sê, is dat waar Hy sekere feite aangaande die realiteit (wetenskap, geskiedenis) duidelik openbaar het, hierdie feite waar is, eerder as onwaar. Dit het toevallig niks te doen met ‘hardkoppige literalisme’, ‘bibliolatrie’ (dat die mens die Bybel hoër ag as God) of ‘n ‘onvermoë om die aard van die literatuur te waardeer’ nie.

Creation tydskrif en hierdie webtuiste het alreeds bewyse gepubliseer dat feitlik alle top Hebreeus taalkundige geleerdes aan wêreldklas universiteite (selfs, of veral die ongelowiges onder hulle) verstaan dat die betekenis van Genesis (d.i. die ooglopende intensie van die skrywer) is om ons met ‘n eenvoudige, maar feitelike weergawe van die oorsprong en geskiedenis van die mens en die heelal te voorsien, waar die voor die hand-liggende lees daarvan duidelik en eenvoudig verstaan sou word, selfs deur ‘n kind. Deur dus te hou by ‘n onlangse ses-aardse-dag skepping, ‘n vloed wat die hele aardbol oordek het ens., is nie sommer net ‘n eienaardige verdigsel van ‘n twintigste eeuse beweging nie, maar die onbetwyfelbare resultaat van ‘n eerlike, wetenskaplike hantering van die teks self. Sien Q&A: Genesis.

Sulke sake verskaf egter net die buitelyne aan ons, die hoekpilare as’t ware, vir die raamwerk van begrip waarbinne ons die feite van die reële wêreld moet interpreteer en korrelleer. Hulle verskaf nie al die antwoorde aan ons nie. Hulle verhoed eerder dat ons tyd mors deur in die verkeerde rigting te kyk wanneer ons die besonderhede van die fassineerende geskiedenis van die mens en sy wêreld probeer vasstel.

‘Aha!’ sê die anti-skeppingskundiges. ‘Sien jy? Hulle erken dat hul ondersoeke beperk word deur hulle Bybelse raamwerk. Evolusionêre wetenskap is oopkop en objektief besig om te soek na die waarheid.’ Nie waar nie. Daar is ook rigiede reëls in die evolusionêre wetenskap—sien Science: the rules of the game. Jy mag oopkop al die moontlike meganismes van evolusie bespreek en oorweeg, maar jy word net toegelaat om verduidelikings te aanvaar wat tot die slotsom kom dat materie verantwoordelik is vir sy eie orde en kompleksiteit—dit is, dat daar nooit enige bo-natuurlike skepping plaasgevind het nie. In dit alles moet ons onthou dat oorsprongwetenskap, van watter aard ookal, inherent verskillend is van operasionele wetenskap (hoe die heelal huidiglik werk—gravitasie, fisika, chemie, ens.) omdat ons nie stories oor die verlede direk kan toets of waarneem nie.

Juis a.g.v misverstande soos hierdie, is dit noodsaaklik dat ons baie versigtig moet besin oor watter feite fundamenteel is in die Bybelse oorprongs-raamwerk . Die duidelike, onbetwyfelbare sake waarin eerlikheid vereis dat geen kompromieë aangegaan word nie, moet versigtig geskei word van daardie sake wat ‘sekondêr’ is, en waar ons soms bereid moet wees om bietjie te verslap, sou dit nodig wees.

Neem byvoorbeeld die eerbiedwaardige voor-Vloedse waterdampkoepel model. Hierdie is ‘n uitstekende konsep wat blyk asof dit in die Bybel geïmpliseer word en wat antwoorde vir ‘n paar probleme kan verskaf.1 Dit word egter nie, en kan ook nooit, as ‘n direkte lering vanuit die Skrif gesien word nie.

In die onstuimige en fassinerende soeke na die beste verduideliking in sulke areas van oorsprongwetenskap soos bv. die meganismes van die ‘mammoete in die ystydperk’, moet ons altyd ons idees oop en tentatief hou.2 Is die son besig om te krimp?3 Wat van stof op die maan (moon dust)?4 Nuwe bewyse is voortdurend besig om te voorskyn te kom—dit kan soms ‘n bestaande idée versterk, of veroorsaak dat idees soms laat vaar moet word, net soos wat evolusioniste gedwing was om byna alle bewyse te laat vaar wat gedurende die eerste deel van hierdie eeu gebruik was om generasies skoolkinders mee te kondisioneer (nuttelose oorskiet organe, kieu-splete in menslike embrio’s gebaseer op Haeckel se vervalsde embrio diagramme, Neanderdallers, ‘Piltdown man’, ens.).

Deur ferm te staan op basiese beginsels, en egter oopkop te bly aangaande sekondêre teorieë en modelle soos wat die jare aanstap, sal verhoed dat Bybel-vaste Christene nie naastenby soveel eier op hul gesigte sal hoef te hê soos wat die volgelinge van Darwin moes verduur nie.

Verwysings

(bygevoeg tot die Internet uitgawe; jongste opdatering 16 Feb. 2001—Redakteurs)

  1. Die mees onlangse skeppingskundige navorsing (1998) wys dat ‘n hipotetiese waterdamp koepel heel moontlik nie meer as ongeveer ‘n meter se vloedwater sou kon hou sonder om die aarde te laat oorverhit nie—Kyk na Sensitivity studies on vapor canopy temperature profiles. Terug na teks.
  2. Kyk na die huidige skeppingskundige denke rondom mammoete en die Ystydperk. Terug na teks.
  3. Vir meer inligting oor bywyse vir ‘n krimpende son (insluitend die feit dat nie alle skeppingskundiges saamstem nie), kyk na The Sun: our special star. Terug na teks.
  4. Skeppingskundiges moet nie langer die maanstof argument gebruik nie. Dit was in ‘n gedetaileerde artikel aangedui, lank nadat hierdie artikel geskryf is, Moon dust and the age of the solar system, deur Dr Andrew Snelling en David Rush, Journal of Creation 7(1):2–42, 1993, en kortliks in Moon-dust argument no longer useful, Creation 15(4):22, Sept.–Nov. 1993. Die vroeëre ramings van die hoeveelheid inkomende stof was oorskat (deur evolusioniste soos Pettersson). Latere metings het aangetoon dat die hoeveelhede nie min genoeg was om te kon bewys dat die maan minder as 10,000 jaar oud is nie, maar dit bewys ook nie die teendeel nie. Terug na teks.

Helpful Resources