Also Available in:

Rodhocetus en ander stories oor walvis ewolusie

deur
vertaal deur Annalouise Bekker

©iStockPhoto.com/miblue5 Whale

Wanneer ewolusioniste gevra word vir ‘n goeie voorbeeld van oorgangsfossiele wat ewolusie aandui, stel baie walvisse voor. Museums en handboeke wys prentjies van gediertes wat na bewering die ewolusie van walvisse vanaf landdiere aandui.

Die sleutel tot hierdie storie is ‘n fossiel van ‘n wese genoem Rodhocetus, wat voorgestel word as die eerste gedierte met bene wat in swempote verander en met ‘n stert wat in ‘n walvisstert verander. Sonder hierdie wese is daar eintlik geen storie nie, maar onlangse onthullings maak hierdie storie ongedaan.1 

Dr Philip Gingerich, wat die fossiel gevind het, het die idee bevorder dat Rodhocetus ‘n walvisstert gehad het. Die fossiel is op uitstalling by die Universiteit van Michigan, maar Dr Carl Werner het opgemerk dat die deel wat die aanwesigheid van agtervinne sou aandui, ontbreek het. Hy het navraag gedoen oor die vermiste stertbene en gevra hoe hulle geweet het dat dit stertvinne sou hê. Dr Gingerich het geantwoord,

“Ek het gespekuleer dat dit ‘n stertvin kon hê … Ek twyfel nou of Rodhocetus ‘n gevinde stert sou gehad het.”2 

En die bene wat swempote word?

Dr Werner het tydens inspeksie van die fossiel van Rodhocetus die afwesigheid van enige voet-/swemvoetbene opgemerk. Toe hy Dr Gingerich vra hoe hy geweet het dat hierdie dier swempote gehad het, het Dr Gingerich gesê,

“Ons het sedertdien die voorste ledemate, die hande en die voorarms van Rodhocetus gevind, en ons verstaan dat dit nie die soort arms besit wat kan uitsprei soos die vinne van’n walvis nie.”2

Rodhocetus het dus volgens sy ontdekker nie ‘n stertvin of swempote gehad nie. Maar moenie asem ophou dat die museums hul uitstallings sal verander of die handboeke sal ophou om Rodhocetus as ’n gerieflike oorgangsvorm voor te stel nie. ‘n Prentjie is meer werd as ‘n duisend woorde, en hulle sal, net soos met die bedrieglike embrio sketse van Haeckel, onwillig wees om hierdie een te laat gaan.

Rodhocetus het dus volgens sy ontdekker nie ‘n stertvin of swempote gehad nie.

<em>Rodhocetus</em> by die Museum van Natuurgeskiedenis, Universiteit van Michigan, VSA. Fossielbewyse oordek met die museum se illustrasie van Dr Carl Werner, <em>Evolution the Grand Experiment Vol</em>. 1 DVD. Rooi X’se bygevoeg om die fantasie wat betrokke is in die illustrasie te beklemtoon.

 Rodhocetus by die Museum van Natuurgeskiedenis, Universiteit van Michigan, VSA. Fossielbewyse oordek met die museum se illustrasie van Dr Carl Werner, Evolution the Grand Experiment Vol. 1 DVD. Rooi X’se bygevoeg om die fantasie wat betrokke is in die illustrasie te beklemtoon. 

Problems plus!

Daar is baie ander probleme met die ewolusie van walvisse. 3 Museums en handboeke stel die fossielstorie as klinkklaar voor, tog kan ewolusioniste nie eers saamstem oor watter landdier aanleiding gegee het tot die walvisse nie. Sommige palenteoloë het hiëna-agtige diere (Pachyaena) verkies gebaseer op fossielooreenkomste van tande, terwyl ander ‘n kat-agtige dier (Sinonyx) verkies het. Na onlangse vergelykings van DNS, het molekulêre bioloë besluit seekoeie was die naaste aan ‘n walvisvoorouer!

Om ‘n seekoei-agtige gedierte in ‘n walvis te verander het natuurlik enorme probleme. Nie eens die tande is dieselfde nie: seekoeie se tande is plat en rasperagtig, goed om plante fyn te maal, terwyl die getande walvisse gepunte, skerp tande het wat gebruik word om vis en ander swemmende diere te vang.

Dit is ‘n storie so groot soos ‘n walvis.

Verwysings en notas

  1. Werner, C., Evolution: the Grand Experiment, Vol. 1, New Leaf Press, pp. 139–143. Terug na teks.
  2. Evolution: the Grand Experiment Vol. 1, DVD; onderhoud deur Dr Werner op 28 August 2001. Terug na teks.
  3. Sien Refuting Evolution, hfst. 5, 2007. Terug na teks.

Helpful Resources