Share
A- A A+

Article from:

Creation  Volume 34Issue 4 Cover

Creation 34(4):28–31
October 2012

By Design
by Dr Jonathan Sarfati

US $15.00
View Item
Incredible Creatures That Defy Evolution - Volume 1 DVD


US $23.00
View Item
Incredible Creatures That Defy Evolution - Volume 2 DVD


US $23.00
View Item
Incredible Creatures That Defy Evolution - Volume 3 DVD


US $23.00
View Item
Creatures Do Change—But It’s Not Evolution DVD
by Dr Don Batten

US $13.00
View Item

Merkwaardige Meerkatte

Bekoorlike inwonertjies van Afrika!

deur Johan Kruger
vertaal deur Gerda de Wet

A panorama of meerkats

Artush/Zoonar/Thinkstock | Igor Stevanovic/iStockphoto.com/thinkstock

Net na sonsopkoms kan ’n besoeker aan die Kalahari-woestyn verwag om een van suidelike Afrika se mees geliefde inwonertjies te sien—meerkatte. Deur die savanna struikland fyn dop te hou, is die kanse goed om ’n dosyn kleinerige diertjies met lang, slanke lyfies op te merk. Hulle ‘sit’ (of staan) gewoonlik op hulle agterbene en gebruik die stert soos die derde been van ’n driepoot. Hierdie onmiskenbaar regop houding waar hulle in ‘n klein spannetjie saam sit en tuur oor die omliggende landskap, het feitlik ’n Afrika-ikoon geword.

Die geduldige waarnemer se nuuskierigheid sal beslis beloon word deur die aanskoue van die ontwakende groepie se kortstondige oggendspeletjies. Hulle stoei en roskam mekaar voordat hulle die pad vat op soek na ’n sappige insek vir ontbyt.

Terwyl die spannetjie in die verte verdwyn, mag die toeskouer dalk ’n laaste blik kry van nog ’n bekoorlike toneel uit Afrika se natuurlewe. Hierdie keer is dit ’n hele aantal meerkat-brandwagte wat beurte maak om blitsig te stop en regop te sit, gereed om die res van die groep te waarsku teen enige vyande wat uit die lug of in die veld sou verskyn.

Etimologie en Herkoms1

Die woord ‘meerkat’ blyk uit Frans afgelei te wees—heel moontlik uit Nederlands geleen—wat na ’n “kat van die meer” verwys. Meerkatte is egter nie deel van die katfamilie nie, en word nie deur mere (groot watermassas) aangetrek nie.2

Die meerkat (Suricata suricatta) word geklassifiseer in die suborde Feliformea (‘katagtige’ vleiseters) en familie Herpestidae (muishondagtige diere). Daar is drie subspesies bekend, al drie inheems aan Suid-Afrika. Alhoewel evolusioniste beweer dat die eerste katagtige diere tydens die middel Eoseen-tydperk verskyn het (ongeveer 42 miljoen jaar gelede), is “’n gemeenskaplike voorouer” van hierdie spesifieke groep afwesig in die fossielrekord.

Meerkatte beskik oor ’n aantal ontwerp-eienskappe wat hulle help om uitdagings in die gevalle wêreld te oorkom.

Met die ontdekking van ’n tipe uitgestorwe meerkat (Suricata suricatta major), is die mening tans dat hierdie diertjies aan die suidpunt van Afrika uit die streepmuishond ontwikkel het.

Met Genesis ’n akkurate historiese weergawe, is die kans goed dat vandag se meerkatte, soos ander spesies van dieselfde Bybelse soort, inderdaad van muishondagtige diere afstam wat ongeveer 6,000 jaar gelede op Dag Ses van die Skeppingsweek geskape is.3

As ons die Bybel op sigwaarde neem, het ’n manlike en vroulike dier van hierdie soort ongeveer 4,500 jaar gelede aan boord van Noag se Ark gegaan.4 Aan die einde van die wêreldwye vloed het hulle aan land gegaan saam met al die ander gewerwelde asemhalende landdiere. Deur oor ‘n tydperk te migreer,5 het hulle uiteindelik die nuutgevormde Afrika-kontinent bereik.

Eienskappe wat op ontwerp dui

Meerkatte moet onder moeilike omstandighede deur die dag in ‘n vyandige omgewing hulle weg vind om te oorleef. Daarom beskik hulle oor ’n aantal ontwerp-eienskappe6 wat hulle help om uitdagings in die gevalle wêreld te oorkom.

Meerkatte is sosiale diertjies. Hulle woon saam in ’n netwerk van ondergrondse tonnels wat deur skerp gekromde kloue in harde, droë grond uitgegrawe word. Wanneer hulle op soek is na kos of besig is om tonnels te grawe, kan hulle letterlik binne ’n paar sekondes ’n hoeveelheid grond met dieselfde gewig as hulle eie liggame, verplaas.

Meerkatte herken hulle eie soort, nie net deur reuk en sig nie, maar ook deur gehoor. Tot onlangs toe was daar nog nie sekerheid hieroor nie.

Terwyl hulle met hierdie taak besig is, word die ore afgesluit van die omgewing met die afwaartse beweging van riffels op die oorlobbe. Dit voorkom dat stof en grond die oorgange verstop. Hulle het ook ’n vliesagtige struktuur tussen die oog en die ooglid wat die knipvlies genoem word. Dit dien as ’n “ruitveër” wat sand uit die oë vee wanneer die oog geknip word.

Meerkatte het gevaarlike skerp tande. Voor die Sondeval het verteenwoordigers van hulle groep groen plante, knolle en vrugte geëet (sien Gen. 1:29-30). Tussen die Sondeval en die Vloed het hulle dieet ook eiers, insekte, spinnekoppe, skerpioene,7 klein knaagdiertjies, akkedisse en selfs klein slangetjies8 begin insluit. Uit hierdie voedselbronne put hulle die voedingstowwe wat hulle nodig het, en ook die vog om in ’n droë omgewing te oorleef. Met ‘n baie hoë metabolisme tempo en nagenoeg 5% van hulle liggaamsgewig wat oornag verlore gaan, moet daar daaglikse kos gesoek word.

Meerkatte se lewensverwagting is ongeveer 13 jaar. Teen die tyd dat die jong manlike meerkatte seksuele volwassenheid bereik, word hulle uit die familie verjaag om op ‘n ander plek ’n nuwe groep saam met uitgesette wyfies te vestig. Dit verseker die algehele oorlewing van die spesie in ’n gevalle wêreld.

Meerkatte en slanggif

Indien jy skrikkerig is vir slange en skerpioene—meerkatte is nie! Sommige van hierdie giftige diere is hulle gunsteling disse—veral skerpioene. Weens die feit dat meerkatte van muishondagtige diere afstam, kan hulle die pik van sekere giftige slange redelik goed hanteer. Bioloë het egter nog nie definitief vasgestel of meerkatte oor die algemeen teen slanggif bestand is nie.9

Wat van meerkatte as troeteldiere?1

A meerkat

iStockphoto.com/thinkstock

Alhoewel hulle onweerstaanbaar en baie oulik is, is die aanhou van meerkatte as troeteldiere minder suksesvol, selfs al is hulle van kleins af met die hand groot gemaak. Afhangend van waar jy woon, mag dit selfs onwettig wees om hulle aan te hou.

Hulle kan nogal by tye aggressief raak en byt, veral wanneer buitestaanders hulle probeer hanteer.

Meerkatte is territoriale diere wat hulle omgewing merk (meubels, of vir jou) met anale kliere of selfs urine, Dit kan ’n walglike reuk nalaat wat ’n paar dae kan duur.

Daar is verskeie plekke in suidelike Afrika waar meerkatte in hulle natuurlike omgewing besigtig kan word, wat ’n baie beter opsie is.2 In ander lande kan ’n mens altyd ’n dieretuin besoek om meer oor hulle lewenswyse in aanhouding te leer.3

  1. Kyk www.meerkats.net.
  2. Kalahari Meerkat Project; kyk kalahari-meerkats.com/index.php?id=visit_kmp; toegang verkry 21 April, 2012.
  3. Zoo meerkats, kyk meerkats.wikia.com/wiki/Zoo_meerkats.

Ten spyte van herhaalde aansprake uit verskillende oorde, is meerkatte ook nie immuun teen die gif van skerpioene nie (sien voetnota 9). Dit sou meer korrek wees om dit te beskou as aangeleerde gedrag ter wille van oorlewing in ’n gevalle wêreld. In kort, die volwasse meerkatte leer hulle kleintjies stap-vir-stap om skerpioene te hanteer sonder dat hulle gesteek word. Met voldoende opleiding is ‘n jong meerkat in staat om uiteindelik ’n lewendige skerpioen suksesvol te vang. Daar word gou van die angel ontslae geraak deur dit af te byt, enige oorblywende gif op die oppervlak van die skerpioen word in die sand afgevee, waarna die sappige maaltyd verorber word. Merkwaardig!—alhoewel die skerpioen heelwaarskynlik anders dink …

Soos ander diere, herken meerkatte hulle eie soort, nie net deur reuk en sig nie, maar ook deur gehoor. Tot onlangs toe was daar nog nie sekerheid hieroor nie.10 Ironies genoeg beweer evolusionêre bioloë nou dat die ontdekking van vokale kommunikasievaardighede in nie-primaatagtige sosiale soogdiere soos die meerkat, daarop dui dat die mens eintlik nie ’n unieke plek inneem onder die soogdiere nie.

Met naturalisme die heersende wêreldbeskouing van evolusioniste,11 verbaas hierdie neiging Bybelse kreasioniste glad nie. Terwyl hierdie siening as wetenskap voorgehou word, besef die oningeligte publiek nie altyd dat ’n evolusionêre idee soos hierdie in naturalistiese godsdiens gegrond is en níé in die wetenskap nie. Die vokale kommunikasie van diere is opsigself ingewikkeld en fassinerend, maar in kompleksiteit is dit ver verwyderd van die gesofistikeerde taalgebruik van die mens.12

Koel katte van die Kalahari

Meerkatte het uitstekende sig. Die swart kringe rondom die relatiewe klein ogies gee nie net die voorkoms van “sonbrille” nie. Deur lig te absorbeer wat andersins weerkaats sou word, het dit ’n skynselwerende effek wat help om ’n roofvoël teen die lug waar te neem, selfs met die son reg van bo.

Die silwerbruin skakering van meerkatte se pels help hulle met kamoeflering deur in te pas by die droë omgewing. Die pels isoleer die liggaam ook en hou dus óf die hitte binne óf koel die liggaam af.

Het meerkatte ingeboude “sonpanele?” Wel, nie heeltemal nie, maar hulle het ’n vernuftige strokie donker vel onder die dunner pels op die pens. Hitte vloei makliker in (en uit) die dowwe swart oppervlak, wat meerkatte op koue oggende help om behoorlik op te warm. Later in die dag koel die meerkatte weer af deur pens na onder in die sand in die skaduwee te lê.

Is ontwerp net oëverblindery?

A small group of meerkats

Eric Isselee/iStockphoto.com/thinkstock

Soos alle lewende organismes, beskik meerkatte oor ‘n aantal merkwaardige ontwerp-eienskappe, waarvan sommige hierbo genoem is. Ten spyte van die oorweldigende bewyse, is daar nog steeds diegene wat volhou dat eienskappe soos hierdie slegs “lyk asof hulle vir ’n spesifieke doel ontwerp is.”13

Dit verbaas ’n mens nie. Volgens die evolusioniste se verwysingsraamwerk glo hulle dat alle ontwerp-eienskappe deur lukrake prosesse oor lang tydperke ontwikkel het. Vir hulle is die sleuteldryfkrag agter hierdie prosesse evolusie se twee hoof-“enjins”—natuurlike seleksie en toevallige genetiese mutasies.

Vir oorlewing is hierdie meganismes voortdurend werksaam in ‘n gevalle natuur, en dit kan wel ’n geringe fyner instelling van genetiese inligting tot gevolg hê.14 Byvoorbeeld, dit is moontlik dat iets eenvoudigs soos die verspreiding van die kleur van die pels, aangepas kan word deur natuurlike seleksie wat op die normale variasies inwerk. ‘n Toenemende hoeveelheid grondige wetenskaplike bewyse dui egter daarop dat dit onvoldoende is om molekules-tot-mens evolusie (selfs oor baie lang tydperke) te bevestig.15

Meer as net die kleurskakering van die pels, is die vraag eintlik hoe komplekse masjinerie en biochemiese stowwe wat pels laat groei en kleur verskaf, aanvanklik ontstaan het.

Doelbewuste ontwerp in die natuur dui op ‘n Ontwerper.16 Met die kompleksiteit wat ons oral toenemend waarneem, moet so ’n Wese oneindig groter en slimmer wees as die mens. Aangesien Hy ons geskape het, behoort ons aan Hom. Hy stel die reëls vas, en as aanspreeklike wesens is ons persoonlik verantwoordbaar aan Hom. Die Bybel is duidelik oor die onwilligheid van die gevalle mens om aan ’n Skepper God rekenskap te gee—sien Romeine 1.

’n Laaste woord

Meerkatte se merkwaardige lewenswyse gee vir ons ’n kykie in God se voortdurende sorg vir ’n gevalle, skepping in barensnood (Romeine 8:19 22, Job 38:39-41). Jesus het aan ons die versekering gee dat God bewus is van elke mossie wat dood op die grond beland. Ons is na Sy beeld geskape (Genesis 1:27), en is dus meer werd as baie mossies tesame (Lukas 12:6 7).

God is sekerlik bewus van al die uitdagings wat ons daagliks in die gesig staar (Mattheus 6:32). As ons ons geloof net in Hom plaas en Hom alleen vertrou vir ons verlossing, het Hy beloof om altyd vir ons te sorg (Mattheus 28:20). Wat ’n wonderlike Skepper, Redder en Saligmaker!17

iStockphoto.com/thinkstock

A family of meerkats

Katte wat omgee

Altruïsme is ’n sorggewende tipe gedrag wat onder “hulpvaardige diere”1 aangetref word. Dit kom redelik wydverspreid in die natuur voor.2 Alhoewel evolusioniste met verskeie idees vorendag gekom het om te verduidelik hoe hierdie gedrag moontlik kon ontstaan, bly dit meestal ongeloofwaardig.3

Daarenteen maak ’n welwillende, wyse Skepper wat voortgaan om vir Sy gevalle skepping te sorg, baie meer sin. Hierdie gedrag word ook aangetref by meerkatte:

  • Opgeleide ‘kroostroosters’ sien om na die kwesbare jong meerkatte. Wyfies wat nooit self kleintjies gehad het nie, lakteer dikwels en voed die kleintjies van die dominante wyfie in die groep met melk.
  • As dit nie moontlik is om ondergronds te gaan skuil nie wanneer gevaar dreig, sal ’n “babawagter” die kleintjies onder haar lyf bymekaar maak vir beskerming, ongeag van haar eie veiligheid.
  • Meerkatte kaap soms die tonnels van die geelmuishond en grond-eekhoring,4 waarna hulle die nuwe woning met hierdie spesies deel.
  • Meerkatte vermy sekere insekte as voedsel (bv. die miskruier), aangesien hulle help om die tuisfront skoon te hou.
  • Om die groep te waarsku teen gevaar (gewoonlik deur ’n skril geblaf en gefluit), staan een of meer meerkatte wag, terwyl die ander gaan kos soek of slaap.
  1. Doolan, R., Helpful animals, Creation 17(3):10–14, 1995.
  2. Kyk terugvoer argiewe 2012, creation.com/do-animals-possess-morality.
  3. Batten, D., Altruism and ‘kin selection’, 22 August 2003.
  4. Hennigan, T., Squirrels! Creation 30(2):28–31, 2008.

Verwante artikels

Verwysings en notas

  1. Smithers, R.H.N., The mammals of the southern African subregion, 1ste Uitgawe, pp. 464–468, Universiteit van Pretoria,1983 Terug na teks.
  2. Daar is ook voorgestel dat dit ‘n verbastering is van die Sanskrit ‘markaţa’ (‘aap’). Terug na teks.
  3. Wieland, C., Variation, information and the created kind, Journal of Creation 5(1):42–47, 1991. Terug na teks.
  4. Osgood, J., The date of Noah’s Flood, Creation 4(1):10–13, 1981. Terug na teks.
  5. Batten, D., Catchpoole, D., Sarfati, J. & Wieland, C., How did the animals get from the ark to places such as Australia? Chapter 17, The Creation Answers Book, Creation Book Publishers, 3de Uitgawe, Maart 2009; creation.com/cab17. Terug na teks.
  6. Grigg, R., A brief history of design, Creation 22(2):50–53, 2000. Terug na teks.
  7. Lewende wesens tot op die punt in die lys mag dalk deel daarvan gewees het aangesien die Bybel hulle nie beskou as nephesh chayyāh (“lewende wesens”)—kyk creation.com/plant_death asook Verw. 8. Terug na teks.
  8. Batten, D., Catchpoole, D., Sarfati, J. & Wieland, C., How did bad things come about? Chapter 6, The Creation Answers Book, Creation Book Publishers, 3de Uitgawe, Maart 2009; creation.com/cab6. Terug na teks.
  9. Clark, J., Are meerkats immune to poison? animals.howstuffworks.com/mammals/meerkats-poison.htm; toegang verkry 20 April 2012. Terug na teks.
  10. Keim, B., Clever test shows meerkat voices are personal, Wired Science, Oktober 21, 2011; www.wired.com, toegang verkry 20 March 2012. Terug na teks.
  11. Bergman, J., Evolutionary naturalism: an ancient idea, Journal of Creation 15(2):77–80, 2001; creation.com/naturalism-old. Terug na teks.
  12. Kyk One Human Family: The Bible, science, race and culture, Creation Book Publishers, Powder Springs GA, 2011. Terug na teks.
  13. Dawkins, R., The Blind Watchmaker, W.W. Norton & Company, New York, USA, p. 1, 1986. Kyk ook artikel onder creation.com/dawkins-and-design. Terug na teks.
  14. Kyk creation.com/natural-selection-questions-and-answers. Terug na teks.
  15. Vir ‘n leke-verduideliking, kyk creation.com/muddy en creation.com/beetle. Terug na teks.
  16. Sarfati, J., Design and the Designer, Creation 30(4):6, 2008. Terug na teks.
  17. Kyk die ‘Goeie Nuus’ item op bl. 48. Terug na teks.

If you were to read an article every day from this site it would take you 20 years to read them all. Such a wealth of information didn’t arise by chance. Please help us to keep on keeping on. Support this site

Copied to clipboard
8783
Product added to cart.
Click store to checkout.
In your shopping cart

Remove All Products in Cart
Go to store and Checkout
Go to store
Total price does not include shipping costs. Prices subject to change in accordance with your country’s store.