Explore
Also Available in:

‘n Vallei in ses dae!

deur John Morris
vertaal deur Nicolene Filmalter

‘Voor’ en ‘Na’ foto’s van Burlingame Canyon

Skeppingsleerders het lank reeds ‘n diepgaande belangstelling in die manjifieke Grand Canyon. Besoekers aan hierdie ontsagwekkende wonder van die natuurlike wêreld, sowel as graad-agt Aard-wetenskap studente, is tradisioneel geleer dat dit stadig gevorm het. Dit was gesê dat die Colorado-rivier, grootliks soos ons hom vandag sien, hierdie enorme groot vallei oor miljoene der miljoene jare uitgekerf het.

Hierdie idee is in onlangse jare toenemend deur Aard-wetenskaplikes verwerp. Alhoewel hulle steeds in terme van miljoene jare praat, oorweeg hulle dat groot volumes water wat by geleentheid deur die gebiede gedruis het, ‘n veel groter rol in die uitkerf van die vallei gespeel het. Skeppingsleer-geoloë is dit eens dat druisende water die Grand Canyon gevorm het. Sommiges beweer dat dit Noag se vloedwater was, soos dit van die kontinent afgevloei het (Genesis 8:3). Ander stel voor dat dit ‘n plaaslike na-vloedse katastrofe was, veroorsaak toe ‘n groot binnelandse watermassa, wat oorgebly het na die Vloed (en oormatige na-vloedse reënval), skielik sy natuurlike grense oorksry en na die see gedruis het.

Die idee dat valleie sonder uitsondering lang tydperke neem om te vorm, is helaas baie ferm gevestig in die publiek se denke. Ongelukkig word meeste skoliere selfs vandag nog, steeds geleer van byvoorbeeld, die ouer, lang-tydperk model van die Grand Canyon formasie.

Sedimentêre lae in die muur van Burlingame Canyon
‘n Klein dreineringskanaal, soos die een in die foto (aan die bo-punt van die bladsy), het verander in ‘n indrukwekkende vallei van meer as 30 m (100 voet) diep, soos uitgebeeld in die ander drie foto’s. Die foto’s dui duidelik die laagvorming aan wat ontbloot is soos die vloedwater deur die grond gesny het.

Werklikheidskontrole

Kom ek stel jou voor aan Burlingame Canyon, naby Walla Walla, Washington, ‘n klein-skaalse analogie met die Grand Canyon, wat waargeneem is dat dit in minder as ses dae gevorm het. Dit word gemeet op 450m (1, 500 vt) lank, tot 35m (120 vt) diep, en weer so wyd, waar dit deur ‘n heuwel kronkel.

Die Gardena Boerderydistrik het in 1904 ‘n reeks besproeiingskanale gebou om water te voorsien aan hierdie normaalweg droë, hoë woestynarea. In Maart 1926 het winde tolbosse versamel by ‘n sementvernouing langs een van hierdie kanale wat op ‘n verhoogde mesa (tafelkop) geleë was; dit het die watervloei, wat weens die lentereën teen 2m3 (80 kubieke voet) per sekonde buitengewoon hoog was, verhinder. Om die obstruksie te kon skoonmaak, moes ingenieurs die vloei weglei in ‘n afleidingsloot wat gestrek het tot naby Pine Creek. Die sloot was voor dit taamlik klein en op geen plek meer as 3m (10 vt) diep en 1.8m (6 vt) wyd nie, en dikwels sonder enige water.

Close-up foto van sedimentêre lae in die muur van Burlingame Canyon

Die abnormale hoë vloei het in die sloot saamgedrom en voortgesnel totdat dit oor die mesa (tafelkop) gestort het in ‘n indrukwekkende waterval. Die onderliggende stratum het skielik meegegee onder die uiters hoë druk en stroomsnelheid en terugsnydende erosie het in alle erns begin. Wat eens ‘n onbeduidende sloot was, het verander in ‘n donga. Die donga het verander in ‘n kloof. Die kloof het verander in ‘n miniatuur Grand Canyon.

Die geërodeerde strata het uit redelike sagte sand en klei bestaan wat deur die onlangse reën deurdrenk was. Die ontwatering van die versadigde sedimente in die nou oop sloot het die erosie verhoog. Die vinnig bewegende water het die deeltjies losgemaak en stroomaf gevoer, wat die onderliggende sedimente weerloos gelaat het teen verdere erosie. Hierdie ses dae van weghol sloot-erosie het in totaal ongeveer 150,000m3 (vyf miljoen kubieke voet) slik, sand en rots verwyder.

Ja, valleie kan baie vinnig vorm. ‘n Goeie sinspreuk om te onthou is, ‘Dit neem óf ‘n bietjie water en ‘n lang tyd, óf baie water en ‘n kort tyd.’ Maar dan het ons nog nooit gesien hoe ‘n vallei stadig gevorm word met net ‘n bietjie water nie. Wanneer wetenskaplike waarnemings ookal gemaak word, is dit baie water en ‘n kort tyd.