Explore
Also Available in:

‘Dinosourus Boom’ agter tralies

vertaal deur Nicolene Filmalter

Foto deur Ian Buchanan Wollemi Pine in hok

Die rede waarom die ‘Wollemi Pine’—vir nou—agter tralies gehou word, is weens die uiterste skaarsheid van hierdie eksemplaar. Plantweefselkultuur-tegnieke behoort die vrystelling van groot hoeveelhede in die mark moontlik te maak, wat dit ook meer bekostigbaar sal maak vir tuiniers.

Foto deur Ian Buchanan Wollemi Pine in hok

Die botaniese tuine in Australië se nasionale hoofstad, Canberra, het ‘n boom op skou wat tans só skaars is dat dit in ‘n spesiale hok gegroei word (foto, links).

Die Wollemi Pine, Wollemia nobilis, is ‘n paar jaar gelede ontdek in die Wollemi Nasionale Park van New South Wales, Australië.1 Die ‘bohaai’ daaroor was omdat hulle gedink het (vanuit fossiele) dat die groep plante waaraan die boom behoort, uitgestorwe was sedert die ‘dinosourus tydperk’. Dus is die belangrikheid daarvan, soos selfs vermeld in media berigte, dat die ontdekking daarvan tegnies dieselfde is as die ontdekking van ‘n lewendige dinosourus.

Natuurlik gaan publieke fassinering teenoor ‘n boom minder wees as wanneer, kom ons sê ‘n Velociraptor lewendig ontdek sou word, maar die probleem is steeds dieselfde. Die Wollemi Pine is net een van talle ander ‘lewendige fossiele’ wat aanvaar was as uitgesterf ‘miljoene jare gelede’, en tog nog vandag ontdek word, in wese onveranderd, ten spyte van all die ‘evolusionêre tyd’.

Dit maak meer sin, Bybels en wetenskaplik, om die lang tydperke as ‘n illusie te beskou.

Verwysings

  1. Creation 17(2):13, 1995; 23(1):6, 2000. Terug na teks

Helpful Resources